If it's out there, we'll find it! (2)
Willempie se
Kinder- en Jeug Wenners vir September
 
As jy sukkel om hierdie te lees, kry asseblief 'n nuwe bril - of kliek hier om dit op ons webwerf te lees ...
Vinnige links na ons nuwe boeke
In 'n huis, In 'n huis
Walvisse en Dolyne
Roset
Lili se boekklub
Bessie Hemelbesem
Dieter en Madame Zenobia
Mnr Humperdinck se Wonderlike Watsenaam
Blokraaisels vir Aapsterte
Thomas@geraamte.net
Perfek
Virus
Join our Facebook Group
 If it's out there, we'll find it! (2)
 
Become a Fan!
 
Become a Fan! Join Our Facebook Page
Join Our Mailing List!
 


Are you receiving our monthly book alerts? It will take you less than a minute to subscribe! Please click on the link  above to join the Pepperland community!
Quick Links
Liewe Ouma
 
Na die ongelukkige ontmoeting van my kriket
bal en die bure se voorportaal-venster, het Pa my gehok - totdat ek DERTIG jaar oud is! Aai, en dit is nou veral erg om die hele Septembervakansie by die huis opgeskeep te sit ... Maar soos Ouma weet, het ek altyd 'n plan! Ek het besluit ek gaan uitbreek en vir Ouma-hulle in Bloemies kom kuier.

Ek het al met die tonnel begin - maar so vêr het ek net tot onderkant die mat van my ka
mer gekom (matte is heelvat moeiliker om deur te grawe as wat mens sou dink!) Toe besef ek dat ek navorsingsmateriaal nodig het. Ek het vir Tannie Phillipa by RED PEPPER BOOKS geraadpleeg - en sy het sommer onmiddelik vir my die nuutste in kinder-en-jeugboeke aangestuur. (Hiermee onderaan aangeheg.)

 Hierdie missie behels 'n ekspedisie van enorme proporsies - so Bessie Hemelbesem en die Ekspedisie na Daërdoer is noodsaaklik (ek weet nie of daërdoer verder of nader is van Johannesburg tot Bloemfontein toe nie - maar as Bessie, wat 'n MEISIE is, dit kan regkry, dan kan ek ook!)

In Mnr. Humperdinck Se Wonderlike Watsenaam gebruik Pete Smith vlieënde vullisblikke om in te ontsnap. (Maar Ouma moenie worrie nie - ek sal dat Klein Jan eers 'n paar toetsvluggies van die dak af bemeester in ons eie vullisblik - en ek weet wat Ouma gaan sê oor veiligheid - ek sal seker maak dat hy dit eers oordentlik uitwas!)
 
En 'n mens weet nooit wat daar buite ronddwaal nie, so kry asseblief Virus sodat ek weet wat om te doen as 'n paar bose mense wat lyk soos ons bure my wil verskeur.  En ingeval ek 'n bietjie te vêr grawe en by die strand uitkom, kry asseblief ook vir my die feiteboekie oor Walvisse en Dolfyne.
 
En om my besig te hou totdat my tonnel klaar is - het ek ook Blokraaisels vir Aapsterte nodig asseblief. Pa kla gedurig as ek hom help deur om sy blokraaisels vir hom in te vul.Ek dink dis al wat ek nodig het, maar kan ouma asseblief die volgende vir Pietersielie, Klein Jan en Ousus aankoop:
  • Lili se Boekklub - waarin sy 'n geheime boek ontdek wat haar lei na 'n geheime deurtjie. (Ouma weet hoe lank ek al wens dat ousus 'n gehuime deur sal vind en in 'n ander wêreld stilletjies verdwyn!) Ag shame, kry sommer maar ook vir haar Roset - boek 8 van die Staalmaats-reeks - sy is so mal oor hierdie reeks - dan sal sy haar neus in 'n boek hê - en nie die ontploffings hoor as ek met die dinamietfase van hierdie missie begin nie.  
  • In n' huis, in 'n huis vir Piersielie. (Dit lyk soos 'n wonderlike muisavontuur!) Ek het gedink hy is 'n goner nadat ek sy hamsterwiel geelektrifiseer het, maar hy net vir 'n dag of so in sy hok gelê - en toe hol hy weer rond. Ek sweer hy is nie dieselfde muis nie, want hy is nou 'n paar skakerings ligter, maar ma se dit kan gebeur as 'n hamster homself wit geskrik het.
  • Thomas@geraamte.net om vir bangkat Klein Jan te help om sy vrees vir die donker te oorkom. (Ek dink daardie Halloween geraamte wat ek in sy hangkas gehang het ook die hele proses sal bespoedig.) 
     

Dankie Ouma. Wens my sterkte toe, en ek hoop ouma bak solank TONNE koekies ...
 
Baie liefde
Jou wille Willempie

In 'n huis, in 'n huis (3+)
In 'n huis, in 'n huis

Skrywer: Wendy Hartmann
 
Oor die boek:

Een nag toe die wind aan die rame kom ruk,
het 'n hand uit die donker 'n stuk kaas kom
pluk. En net toe dit blits, klink 'n
KLOP
AAN
DIE
DEUR!
Muis spring uit sy bed en toe hoor hy dit weer!
Wie is daar en wat is die snaakse geluide wat ons hoor in die huis, in die huis?
'n Prettige rymstorie, vertaal en berym deur Philip de Vos.
 
Ook in Engels: In a house, in a house.
 
Oor die skrywer:

Ander titels deur Wendy Hartmann: Die kort pad/The Short Cut, Key in the Casket/Sleutel in die kissie, Stemme in die nag/Voices in the Dark, The Black Dog/Die swart hond, Een winderige aand, Heel belangrikste werk/Most Important job, Donsie en Lieflap maak pret/Tuft and Patch Play Games, Donsie kry 'n troeteldier/Tuft Finds A Pet, Tuft and Patch Make Paterns, Waar is Lieflap/Where is Patch? Wendy woon in Tafelsig.

ISBN-13: 9780798150545 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM:  28 JULIE  2009 | UITGEWER: HUMAN & ROUSSEAU | AFLEWERINGSTYD: 1-2 WEEKS | PRYS: R 83.56 (insl. BTW)

Kliek hier om nou te bestel.

Walvisse en Dolfyne (5-7)
Walvisse en dolfyneWalvisse En Dolfyne (Ek wonder waarom-reeks)
  
Author: Mike Bostock, Judy Allen

Oor die reeks:
 
Ontdek die antwoorde op al jou vrae en kyk hoe die tonele onverwags verander as jy die flappe omblaai.

ISBN-13: 9780799344103 | FORMAAT: HARDEBAND | PUBLIKASIEDATUM: APRIL 2009 | UITGEWER: LAPA UITGEWERS | AFLEWERINGSTYD: 1-2 WEEKS | PRYS: R 59.84 (insl. BTW)
 
Klik hier om nou te bestel.
Roset (7-9)
Roset Roset (Boek 8 in die Staalmaats-reeks)
  
Author: Lize Roux

Oor die boek:  

Die groot dag het uiteindelik aangebreek - Anri gaan vir die eerste keer saam met Sugarplum aan 'n ruiterkompetisie deelneem! Maar iets geheimsinnig is by die kompetisie aan die gang ... Kos verdwyn links en regs, en Karen is vasbeslote om die dief te vang. Boonop is Vinette weer vas van plan om Anri-hulle 'n les te leer ...

ISBN-13: 9780799344455 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM: APRIL 2009 | UITGEWER: LAPA Uitgewers | AFLEWERINGSTYD: 1-2 WEEKS | PRYS: R 49.28 (insl. BTW)

Klik hier om nou te bestel.
Lili se boekklub (9+)
Lili se boekklub (9+)

Skrywer: Emma Thomson
 
Oor die boek:
 
Nie eens in Lili se wildste drome het sy gedink dat 'n boekwinkel so bekoorlik kan wees nie. Sy ontdek 'n geheime boek wat haar lei na 'n geheime deurtjie wat uiteindelik lei na die grootste geheim in Feetjieland!
  
ISBN-13: 9780799344578 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM: JUNIE 2009 | UITGEWER: LAPA Uitgewers | AFLEWERINGSTYD: 1-2 WEEKS | PRYS: R44.00 (insl. BTW)

Klik hier om nou te bestel.
Bessie Hemelbesem en die ekspedisie na Daërdoer (11+)
Bessie Hemelbesem daardoer Bessie Hemelbesem en die ekspedisie na Daërdoer

Skrywer: Janie Oosthuysen
 
Oor die boek:

'n Gewurgde kreet. Dit is waarmee Bessie se nuutste avontuur afskop. Het iemand dalk probeer om tant Potjierol te verwurg? En wie op aarde het al Pietersielie die seekoei se seldery gesteel? Bessie kan nie wag om haar speurvernuf te toets en ondersoek in te stel nie. Dit lyk sowaar of iemand probeer keer dat tant Potjierol en Pietersielie aan die Ek-en-my-troeteldier-kompetisie in Daërdoer deelneem ...

Oor die skrywer:
 
Janie Oosthuysen is die vertaler van die Harry Potter-reeks en verskeie ander boeke waaronder Artemis Fowl en die Narnia-reeks. Daar het egter ook reeds meer as 16 humoristiese-, liefdes- en avontuurverhale uit haar pen verskyn. Sy het die CP Hoogenhout-medalje en die ATKV-Kinderboektoekenning ingepalm. Janie woon in Kaapstad en word beskou as een van die mees innoverende kinderboekskrywers in Suid-Afrika. Haar werk sluit in Die verlore eiland, Daar is vlooie in my bed en Die verlore eiland.
 
ISBN-13: 9780799344547 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM: AUG 2009 | UITGEWER: LAPA UITGEWERS | AFLEWERINGSTYD: 1-2 WEEKS | PRYS: R 61.60 (insl. BTW)

Kliek hier om nou te bestel.
Dieter en Madame Zenobia
Dieter en Madame Zenobia

Skrywer: Nelia Engelbrecht
 
Oor die boek:
Dieter en Krynauw, twee graadsewes, beland in die kloue van Madame Zenobia, toe hulle op eie houtjie begin ondersoek instel na die vlaag diefstalle in die skool - hulle is veral bekommerd oor hulle rugbybeker wat verdwyn het. Maar Zaanlie en haar vriendinne is ook op die spoor van die dief en eintlik meer in die pad as van hulp.

Lekker skerp dialoog, humor en spanning.
 
Oor die skrywer:
 
Nelia Engelbrecht is in Klerksdorp gebore en getoë. Deur die jare het sy vir verskeie publikasies as joernalis gewerk en talle artikels en berigte gepubliseer. In 1994 begin sy fiksie skryf. Sy het tot dusver ongeveer 65 kortverhale in verskeie vrouetydskrifte en kortverhaalbundels gepubliseer ...
 
ISBN-13: 9780798151016 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM: 10 AUG 2009 | UITGEWER: HUMAN & ROUSSEAU | AFLEWERINGSTYD: 1-2 WEEKS | PRYS: R 84.48 (insl. BTW)

Kliek hier om nou te bestel.
Mnr. Humperdinck Se Wonderlike Watsenaam
Mnr. Humperdinck Se Wonderlike Watsenaam

Skrywer: Wynand Louw
 
Oor die boek:

Pete Smith glo nie aan fantasie en towery nie, maar hy moet sy siening heroorweeg toe iemand vermoor word en hy op pratende muise en vlieënde vullisblikke moet staatmaak om hom van hordes seuns-vretende rotte te red.
'n Lekker avontuurverhaal met skerp dialoog, fyn humor en interessante, menslike, sowel as fantasiekarakters. Dit is een van daardie boeke wat jou met die eerste paragraaf intrek en nie los voordat jy klaar gelees het nie.
 
Oor die skrywer:
 
Wynand Louw is 'n baie besige neus-, oor- en keelspesialis en praktiseer in Kaapstad. Hy gee ook klas aan die Tygerberghospitaal se opleidingseenheid. Wynand woon in Tableview.

ISBN-13: 9780798151023 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM: 11 AUG 2009 | UITGEWER: HUMAN & ROUSSEAU | AFLEWERINGSTYD: 1-2 WEEKS | PRYS: R 118.20 (insl. BTW)
 
Kliek hier om nou te bestel.
Blokraaisels vir aapsterte
Blokraaisels vir aapsterte
 
Skrywer: Talana Schoeman
 
Oor die boek:

Uiteindelik - 'n prettige manier om goeie spelvaardigheid aan te leer! Hierdie boek sal ouers en onderwysers help om 'n grondslag vir algemene taalvaardigheid in Afrikaans te lê. Die skrywer, 'n voormalige onderwyser, het gaandeweg besef dat jong kinders se spelvaardigheid merkbaar verbeter kan word deur die voltooi van eenvoudige blokraaisels. Die 50 blokraaisels in hierdie boek is ontwikkel met die jong laerskoolkind in gedagte, maar sal ook ouer kinders of kinders vir wie Afrikaans 'n tweede of derde taal is, se spelvaardigeheid oefen. Met prente sowel as woorde as leidrade word die kind se begrip op twee vlakke getoets. Die blokkies is ekstra groot sodat letters in 'n grootte waarmee kinders gemaklik is, ingevul kan word. So leer kinders speel-speel en ontdek hulle sommer ook van kleins af die lekkerte van blokraaisels - 'n gunstelingtydverdryf van so baie grootmense!
 
Oor die skrywer:

Talana Schoeman is 'n voormalige laerskoolonderwyseres. Sy woon in Stellenbosch en het twee volwasse kinders.

ISBN-13: 9780624047643 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM:  10 JULIE  2009 | UITGEWER: TAFELBERG | AFLEWERINGSTYD: 1-2 WEEKS | PRYS: R 69.52 (insl. BTW)
 
Kliek hier om nou te bestel.
Thomas@geraamte.net
Thomas@geraamte.net Thomas@geraamte.net
 
Skrywer: Carina Diedericks-Hugo
 
Oor die boek:

Thomas@geraamte.net is die sewende boek in die gewilde Thomas@-reeks waarvan daar altesaam reeds sowat 80 000 kopiee verkoop het. Hierdie keer gaan Thomas-hulle op 'n rugby- en netbaltoer na Namibië en kort voor lank is hulle weer kniediep in die moeilikheid wanneer hulle op die spookdorp, Kolmanskop, eiehandig 'n groep diamantsmokkelaars probeer aankeer.
 
Oor die skrywer:
 
Carina Diedericks-Hugo is gebore in Johannesburg en het groot geword in Pretoria en Kaapstad. Na matriek aan Herschel Girls' School in Kaapstad, studeer sy aan die Universiteit van Stellenbosch en behaal die grade BA (Internasionale Studies), Honneurs Afrikaans en Nederlands (cum laude) en MPhil (Joernalistiek). Sy is die skrywer van die Thomas@-reeks en ander boeke sluit in Koning Henry, Operasie M.I.A.A.U en Die verdrinking van Josua van Eden. Sy is al benoem vir die Sanlamprys vir Jeuglektuur en die M.E.R.-prys. Sy het die ATKV-Kinderboekprys reeds vyf maal gewen. As sy nie stories skryf nie, werk sy as uitgewersredakteur by Protea Boekhuis. Sy bly saam met haar man, die digter Daniel Hugo, en vier katte in Stellenbosch. Sy put haar inspirasie uit haar man, bling-bling, Villiera Tradition Brut, sjokoladekoek sonder versiersuiker, kwaito en Sondae op Greyton.

ISBN-13: 9780799345100 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM: 1 JULIE 2009 | UITGEWER: LAPA Uitgewers | AFLEWERINGSTYD: 1-2 WEEKS | PRYS: R 61.60 (insl. BTW)

Kliek hier om nou te bestel.
Perfek
PERFEK (13+)

Skrywer(s): Jaco Jacobs
 
Oor die boek:
 
Blonde hare ... Helderblou oë ... 'n Skitterwit glimlag ... Natasja is perfek. Dit besef Jak die oomblik toe sy by die klas se deur instap. Maar hy is net 'n doodgewone ou. Hoe kan hy die mooiste meisie in die skool se aandag trek? Julia, sy beste vriendin, het 'n plan ...
 
ISBN-13: 9780799344325 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM: APR 2009 | UITGEWER: LAPA Uitgewers | AFLEWERINGSTYD: 1-2 WEEKS | PRYS: R 69.52 (insl. BTW)

Klik hier om nou te bestel.
Virus (13+)
Virus (13+)

Skrywer: Jaco Jacobs

Oor die boek:
 
Bly weg van daardie goed wat in die strate ronddwaal. Selfs al lyk hulle soos jou familie en vriende, jou buurman of buurvrou, die ou of meisie op wie jy jou hart verloor het. As jy gelukkig is, verskeur hulle jou binne sekondes. As jy nie so gelukkig is nie en dit oorleef ... wel, dís die scary deel. Net sewe dae. Dis al wat nodig is om die wêreld tot stilstand te ruk. 'n Week gelede was Jake nog 'n doodgewone sewentienjarige. Nou is hy een van die enigste oorlewendes in 'n verwoeste stad. Daarom vat hy die pad op soek na sy pa. Maar ná die uitbreek van die virus is die wêreld 'n vreemde, skrikwekkende plek waar gevaar om elke draai skuil en waar jy nooit seker is wie jy kan vertrou nie.

ISBN-13: 9780799344592 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM: 1 JULIE 2009 | UITGEWER: LAPA Uitgewers | AFLEWERINGSTYD: 1-2 WEEKS | PRYS: R 70.40 (insl. BTW)

Klik hier om nou te bestel.
Ons hoop julle het hierdie geniet en 'n boek of twee gekies wat julle op julle eie missies sal help!
  
Should you decide that you would like to receive new book alerts in other subject areas over and above this one, or should you wish to modify your subscription settings, remember that you can access and update your own mailing subscription choices at any time. Go to Update Mailings or click on Update Profile/Email Address at the bottom of all our email newsletters.
Please note that the price and availability of books advertised in this mailer were correct at the time that this newsletter was sent out, but that this information is subject to change based on publisher's availability and fluctuations in the rate of exhange.
 
Should you require more information, please check the latest information on our web site at www.redpepperbooks.co.za, or contact a Red Pepper Customer Care representative as per our contact details below.
Button Mini 
Should you wish to place an order for any of today's books please visit us online at
www.redpepperbooks.co.za . Alternatively, you can email us at customercare@redpepperbooks.co.za or fax us on 0861 329 733.
 
Or of course, you can email your favourite Pepper person in our Customer Care Team: june@redpepperbooks.co.zaolivia@redpepperbooks.co.za ,
or karin@redpepperbooks.co.za.
 
Any other questions? Feel free to call us on 0861-000-733, or +27 (011) 958-2474 during office hours, Monday to Friday.
Button Mini
Phillipa Mitchell
Founder and CEO
Red Pepper Books