| Join our Facebook Group |
|
| Become a Fan! |
 |
|
Are you receiving our monthly book alerts? It will take you less than a minute to subscribe! Please click on the link above to join the Pepperland community!
| |
|
Formule drie, twee, een! EN ons is weg met die beste seleksie van kinderboeke vir liplekker lees!
Liewe Mams
Sal Mams asseblief die volgende boeke vir my bestel by Red Pepper Books. Ek het self met tannie Phillipa gepraat en sy beveel die volgende aan. Sy se hulle kan in a japtrap by ons afgelewer word. (As hulle enigsins hotter was, dan was hulle Chilli Pepper Books!) Ek het sommer vir die hele familie 'n seleksie van kinderboeke gemaak!
Ma, ek soek heel eerste asb Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo. Ma moet dit ook lees! Dan sal ma beter verstaan hoekom ek ma se nuwe serp oor my mond moes knoop - en dit sal ook daardie reeks van ongelukkige insidente met Wagter, vierpoot vasgebind verduidelik. En bestel asb Slym en die gogga-sirkus - ek het 'n idee vir die volgende skool se talentkompetisie! En bestel dan ook Danie Dreyer en die Dinosourus Eier - want ek wil leër hoe om een uit te broei!
En kry asb Dit is hoe! vir pa - want hy vra my gedurig hoe dit moontlik is dat ek sekere goed regkry! En kry sommer vir hom ook Formule drie, twee, een! - want ma se mos altyd hy kan nie bestuur nie - so miskien sal hy 'n paar 'tips' vang! En Waar's daai slang? is noodsaaklik want miskien sal ek dan weet waarheen Slinkie verdwyn het.
Vir mams stel ek Die Beste toebroodjie voor. Dan kan mams sien hoe dit gedoen word! Vir ousus sal ma asb Freya Fiemies en Liewe Land,'n Olifant kry. Ek weet sy is 'n bietjie oud daarvoor - maar sy kan dit aan Klein Jan voorlees. Ek hoop sy vind dit snaaks - ma weet mos hoe sensitief sy oor haar gewig is! Potte vol pasta is perfek vir ouma. Miskien sal sy ook die skimp vang en vir ons nog spaghetti maak!
Kan mams vir Klein Jan asb Banggat, jammer Bangkat en Boe bestel en Bad,Ag Nee! As die Bad,Ag Nee! boek werk dan hoef mams nie vir hom Dit jeuk! ook te kry nie. Die Kleinste Dinosourus is ook die oulikste boekie, en dan sal hy nie so hard skree as hy die koggelmander kry wat ek onder sy kussing weggesteek het nie. Die Muisboot will ek vir Pietsielie voorlees vir motivering. Hy lê net deesdae in sy hok. (En die nadat ek al die moeite gedoen het om sy 'n elektriese motortjie aan sy muiswiel te koppel!)
Vir Oupa sal jy asb Lila en die geheim van reën kry. Hy sal hierdie geheim graag wil hoor, want kla altyd oor dat daar nie genoeg reën vir sy mielies is nie. En kry vir hom ook asb Kameelperde kan nie dans nie want ma WEET hoe dans Oupa as hy eers 'n glasie wyn ingekry het! :-)
"Kry 'n Vlieëkoekie" En Ander Krakerige Stories lyk histeries snaaks - en ek wil ook asb die resepte vir vlieekoekies probeer! Van resepte gepraat - kry asb ook Meerkatrestaurant en ander dieredumplings of so iets ...
En Dan kan Mams asb vir Sannie al die ATKV-kinderboekwenners bestel. Dit behoort haar genoeg materiaal te gee om my boekverslae-huiswerk vir die volgende paar jaar voor te berei.
Mams, ek weet dis 'n hele paar boeke, maar Red Pepper Books se pryse is SO goed - en ek dink ook daar's 'n sterk moontlikheid dat ek vir 'n baie lank tyd gehok gaan wees as pa uitvind ek het Oom Pieter langsaan se enorme voorruit met my nuwe krieketbal gebreek. Maar moenie worrie nie ma, die bal het niks oorgekom nie! Jou gunsteling seun, Willempie | |
|
Bangkat en Boe (3+)
|
Bangkat en Boe
Skrywer: Michael Broad Oor die boek:
Bangkat is bang. Hy wil nie alleen by die huis wees nie. Die vloerplanke wat kraak laat hom bibber. Sy skaduwee laat hom sidder. En die donker hoekies is so gruwelik donker en verskriklik skrikwekkend. Hy was nie van plan om ooit 'n poot buite die huis te sit nie. Op 'n dag ontmoet hy 'n klein muis genaamd Boe. Boe leer hom om sy vrese te oorkom en kort voor lank waag hy dit selfs om die nie-so-angswekkende wêreld aan te durf.
Oor die skrywer:
Michael Broad is 34 jaar oud en woon in Londen. Hy het illustrasie aan die Universiteit van Portsmouth studeer en sy graad met lof behaal. Hy werk voltyds as skrywer en illustreerder van kinderboeke. Van sy werke sluit in Broken Bird en Falling Star.
ISBN-13: 9780798148634 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM: 20 SEPT 2007 | UITGEWER: HUMAN & ROUSSEAU | AFLWERINGSTYD: 1-2 WEEKS | PRYS: R89.95 (incl.)Klik hier om nou te bestel. |
Die Kleinste Dinosourus (3+)
|
Die kleinste dinosourus (3+)
Skrywer: Michael Foreman
Oor die boek:
Vir die kleinste dinosourus is dit baie moeilik om in te pas. 'n Ander GROOT dinosourus voel ook eenkant en eensaam. Maar hulle vind uit dat jy net jouself hoef te wees om heeltemal perfek te voel!
ISBN-13: 9780799341546 | FORMAAT: HARDEBAND | PUBLIKASIEDATUM: 1 MAART 2007 | UITGEWER: LAPA UITGEWERS (EDMS) BPK | AFLWERINGSTYD: 1-2 WEEKS | PRYS: R75.20 (incl.)Klik hier om nou te bestel. |
| Kameelperde kan nie dans nie (3+) |
Kameelperde kan nie dans nie
Syrywer: Giles Andrede
Oor die boek:
Krisjan is 'n kameelperd, sy bene is lank en skraal. Hy het knopperige knieë en 'n nek soos 'n telefoonpaal. Krisjan kan nie goed dans nie. Hy haat elke jaar die Bosvelddans. Maar op een pragtige maanlignag vind Krisjan uit dat jy partykeer net ander musiek nodig het as jy anders as al die ander is...
ISBN-13: 9780799342819 | FORMAAT: HARDEBAND | PUBLIKASIEDATUM: JUNIE 2007 | UITGEWER: LAPA UITGEWERS | AFLWERINGSTYD: 1-2 WEEKS | PRYS: R 74.26 (incl.)
Klik hier om nou to bestel. |
| Dit is hoe ... (3+) |
Dit is hoe ...
Skrywer: Charles Fuge
Oor die boek:
Weet jy hoe 'n olifant stap? Weet jy hoe 'n dinosourus trap? Kom vind uit in hierdie betowerende, LAWAAIERIGE boek.
ISBN-13: 9780799342376 | FORMAAT: HARDEBAND | PUBLIKASIEDATUM: MEI 2008 | UITGEWER: LAPA UITGEWERS | AFLWERINGSTYD: 1-2 WEKE | PRYS: R75.20 (insl. BTW)
Klik hier om nou to bestel. |
| Die Beste Toebroodjie (3+) |
Die beste toebroodjie
Skrywer: Jaco Jacobs
Oor die boek:
Markus word in die middel van die nag baie lus vir 'n toebroodjie. In die kombuis kry hy onverwags vier flukse helpers... En hulle wil hom help om die BESTE TOEBROODJIE OOIT te maak! Maar daar is een klein probleempie...
ISBN-13: 9780799337099 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM: NOV 2006 | UITGEWER: LAPA UITGEWERS (Edms) Bpk | AFLWERINGSTYD: 1-2 WEEKS | PRYS: R65.80 (incl.)
Klik hier om nou te bestel. |
| Potte vol Pasta (3+) |
Potte vol Pasta
Skrywer: Diana Hendry
Oor die boek:
Pasta vir jou en pasta vir my, van nou af gaan ons elke dag lekker pasta kry!" Toe Tessa en Ben se ma se pasta-masjien skielik vanself begin werk, is sy in 'n noedel-penarie. Kort voor lank is sy toegedraai in 'n slaapsak van noedels en die noedels neem die huis en die straat op horings. Kan Tessa en Ben hulle ma red en die noedel-vloed stop?
ISBN-13: 9780799341713 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM: MEI 2008 | UITGEWER: LAPA UITGEWERS | AFLWERINGSTYD: 1-2 WEKE | PRYS: R65.80 (insl. BTW).
Klik hier om nou te bestel. |
| Freya Fiemies |
Freya Fiemies
Skrywer: Katharine Quarmby
Oor die boek:
Toe Freya Fiemies nie haar aandete wil eet nie, is haar pa en ma skoon raadop - maar ouma Griet het 'n wonderlike plan vir 'n feesmaal wat Freya weer sal laat begin eet. 'n Lekker verspotte rymstorie vir selflees en hardoplees.
Oor die skrywer:
Katharine Quarmby is 'n skrywer en filmmaker. Tot onlangs toe was sy korrespondent vir Britse Binnelandse sake by die Economist. Sy het artikels bygedra tot verskeie publikasies w.o. die Guardian, die New Statesman en Prospect Magazine. Sy was ook 'n vervaardiger/Direkteur.
ISBN-13: 9780798149327 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM: APRIL 2008 | UITGEWER: HUMAN & ROUSSEAU | AFLWERINGSTYD: 1-2 WEKE | PRYS: R88.36 (insl. BTW)
Klik hier om nou te bestel. |
| Waar's daai slang? (3+) |
Waar's daai slang?
Skrywer: Julia Jarman
Oor die boek:
Juffrou Roux vat die klas dieretuin toe. Hulle sien hoe soen 'n koala 'n groot kangaroe. Hulle sien 'n kameelperd, met 'n baie lang nek. (Hulle sien ook 'n oom se hoed in sy bek!) Maar niemand sien ... die anakonda nie!
ISBN-13: 9780799342277 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM: MAY 2008 | UITGEWER: LAPA UITGEWERS | AFLWERINGSTYD: 1-2 WEKE | PRYS: R65.80 (insl. BTW).Klik hier om nou te bestel. |
| Bad, Ag Nee |
Bad? Ag Nee!
Skrywer: Brigitte Weninger
Oor die boek: Miko en sy maatjie Mimikie leer ken die plesiere en pyne van die alledaagse lewe, maar daarvoor is mammas daar om te help.
ISBN-13: 9781919764870 | FORMAAT: HARDEBAND | PUBLIKASIEDATUM: JULIE 2005 | UITGEWER: FANTASI BOOKS | AFLWERINGSTYD: 1-2 WEKE | PRYS: R60.16 (insl. BTW)
Klik hier om nou te bestel. |
| Dit Jeuk! |
Dit jeuk!
Skrywer: Damian Harvey, Jaco Jacobs
Oor die boek:
Groot Gorilla se rug jeuk. Hy rek en strek, maar hy kan dit nie bykom nie. Al die diere gee raad, maar alles maak die gejeuk net erger... Toe Groot Gorilla by die huis kom, kry hy die perfekte oplossing vir 'n gorilla wie se rug jeuk!
ISBN-13: 9780799340747 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM: MAART 2008 | UITGEWER: LAPA UITGEWERS | AFLWERINGSTYD: 1-2 WEKE | PRYS: R65.80 (insl. BTW). Kliek hier om nou te bestel. |
|
Liewe land, 'n olifant! |
Liewe land, 'n olifant!
Skrywer: Jaco Jacobs
Oor die boek:
Sonja is moedeloos Hoe gaan sy ooit 'n troeteldier kry Waarmee haar hele gesin tevrede is? Maar een oggend gaan haar klas Dieretuin toe en Sonja sien iets Waarvan sy sommer baie hou Dis spelerig en oulik Dis vol plooie. Dis grys. Dis vriendelik en dit is... So groot soos 'n huis!
ISBN-13: 9780799341935 | FORMAAT: HARDEBAND | PUBLIKASIEDATUM: MEI 2008 | UITGEWER: LAPA UITGEWERS | AFLWERINGSTYD: 1-2 WEKE | PRYS: R75.20 (insl. BTW).
Kliek hier om nou te bestel. |
| Meerkatrestaurant en ander diererympies (3+) |
Meerkatrestaurant en ander Diererympies
Skrywer: Elizabeth Wasserman
Oor die boek:
Jy is genooi vir ete, maar ek wonder of jy weet dat meerkatte daarvoor bekend is dat hulle snaakse goeters eet. Daar is koringkriek en erdwurm op gemaalde skerpioen, of dalk verkies jy kakkerlak met n knertsie suurlemoen? Wat gebeur as 'n renoster ballet neem? Wat is die vlakvark-familie se adres? En wat leer die kinders by Aap se skool? Vind uit in hierdie boek vol prettige diererympies ...
ISBN-13: 9780799344196 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM: JAN 2009 | UITGEWER: LAPA UITGEWERS | AFLWERINGSTYD: 1-2 WEKE | PRYS: R74.26 (insl. BTW). Klik hier om nou te bestel. |
Mia se Ma
|
Mia se Ma
Skrywer: Marita van der Vyver
Oor die boek:
Dis Mia se verjaardag, maar hoekom is al haar maatjies bang vir haar
ma? Is sy 'n heks, of 'n towenaar, of 'n goeie fee, en kan sy met diere
praat en in die lug vlieg? Nou hoekom sal Mia se maatjies al die goed
van haar ma dink? Wat het Mia vir hulle gesê? Wel, Mia was moeg daarvan
om te hoor hoe wonderlik haar maatjies se ma's is - toe bedink sy 'n
goeie plan om hulle te troef.
ISBN-13: 9780798144957 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM: OKT 2005 | UITGEWER: HUMAN & ROUSSEAU | AFLWERINGSTYD: 1-2 WEKE | PRYS: R98.70 (insl. BTW).
Klik hier om nou te bestel.
|
Parmant (3+)
|
Parmant
Skrywer: Leon de Villiers
ATKV-Kinderboektoekenning 2005
Oor die boek:
Parmant stap deur die bos, maar almal karring aan hom. Meerkat wil sy
keel kielie, Vlakvark wil sy magie krap en jakkals wil oor sy skubbe
streel. "Nee!" sê Parmant elke keer:" Dit is my lyfie en ek sê: nee,
nee, nee!" Sy ma is sommer baie trots op haar dapper seun wat al die
diere so op hulle plek sit.
ISBN-13: 9780799330526 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM: OKT 2003 | UITGEWER: LAPA UITGEWERS | AFLWERINGSTYD: 1-2 WEKE | PRYS: R65.80 (insl. BTW).
Klik hier om nou te bestel.
|
Kersvader se Groot Glips (3-6)
|
Kersvader se Groot Glips
Skrywer: Annelize Bester
Toekenning: ATKV-Kinderboektoekenning 2007: Voorleeskategorie: 3-6 jaarOor die boek:
Takke, blare en versiersels le die wereld vol en al wat jy hoor, is ou Knoetsboom se gekreun en gekraak. "Eina, eina tog, my arm! Ho, ho...o, my kop...waar is ek?" mompel 'n diep, growwe stem.
Diep, diep in die hart van Droombos, daar waar net bosdiertjies, feetjies en kabouters woon en waar kindertjies net in hul drome kan kom, gebeur allerhande dinge in en om Ou Knoetsboom in hierdie splinternuwe eg Afrikaanse reeks. ISBN-13: 9781920134136 | FORMAAT: HARDEBAND | PUBLIKASIEDATUM: SEPT 2006 | UITGEWER: FANTASI BOOKS | AFLWERINGSTYD: 1-2 WEKE | PRYS: R64.86 (insl. BTW).Klik hier om nou te bestel. |
| Drie Vriende in 'n Taxi |
| Drie Vriende en 'n Taxi
Skrywers: Maryanne Bester (outeur) & Shayle Bester (illustreerder)
Oor die boek:
Dit is 'n storie wat dwarsdeur die hele Afrika vertel word: van Nigerië, tot by die Comore-eilande en selfs tot in Suid-Afrika. Dit is 'n storie wat aan die hele Afrika en die mense van Afrika behoort.
ISBN-13: 9781770092853 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM: OKT 2006 | UITGEWER: JACANA MEDIA | AFLWERINGSTYD: 1-2 WEKE | PRYS: R85.54 (insl. BTW). Klik hier om nou te bestel. |
| My sussie se tande (3-6) |
My sussie se tande
Skrywer: Leon de Villiers
ATKV 2004 kategoriewenner 3-6 jr
Oor die boek:
Klein Jannie du Plooy het 'n nuwe babasussie waarop hy sommer baie trots is. Maar dan begin sy tande kry, en skielik is sy glad nie meer so oulik en fraai nie. Sy skreeu van die môre tot die aand en byt selfs 'n gat reg deur haar bed! Daarna begin sy weglê aan die mat en die deur, en klein Jannie moet vlug voor sy bytende sus! Hierdie halsoorkop en oorspronklike prenteboek is geskik vir voorlees en selflees, en sal kleuters vir ure aan die giggel hou.
ISBN-13: 9780799333114 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM: NOV 2004 | UITGEWER: LAPA UITGEWERS | AFLWERINGSTYD: 1-2 WEKE | PRYS: R65.80 (insl. BTW).
Klik hier om nou te bestel. |
Danie Dreyer se Dinosourus Eier (3-6)
|
Danie Dreyer Se Dinosourus Eier
Skrywer: Jaco Jacobs
ATKV-Kinderboektoekennings 2008: Voorleeskategorie: 3-6 jaar.
Oor die boek:
Danie Dreyer koop 'n dinosouruseier - die ding is baie duur! Kort voor lank broei dit uit en nou het hy 'n reusagtige troeteldier! Ontmoet Hermien Human met haar hoed vol horlosies. Kom ry saam op Fanie Fourie se fantastiese fiets. En vind uit waarom Zuraida Zeelie deesdae Zoem!
ISBN-13: 9780799339970 | FORMAAT: HARDEBAND | PUBLIKASIEDATUM: OKT 2007 | UITGEWER: LAPA UITGEWERS | AFLWERINGSTYD: 1-2 WEKE | PRYS: R75.20 (insl. BTW).Klik hier om nou te bestel. |
| Lila en die Geheim van Reen |
Lila en die Geheim van Reën
Skrywer: David Conway & Jude Daly
Oor die boek:
Week ná week brand die son neer op die dorpie in Kenia waar Lila woon. Dis te warm om vuurmaakhout bymekaar te maak, te warm om onkruid in die tuin te skoffel, te warm selfs om die koei te melk.
Op 'n aand vertel Lila se oupa vir haar die storie van 'n man wat hy eenkeer ontmoet het - die man wat hom die geheim van reën vertel het. Hy het gesê mens moet die hoogste berg uitklim en die hemel vertel van die hartseerste ding waarvan jy weet. Toe Lila dié storie hoor, weet sy dadelik wat sy moet doen. Vroeg die volgende oggend verlaat sy hul dorpie om te gaan soek na die hoogste berg.
Oor die skrywer:
David Conway is in Ierland gebore, maar sy gesin het kort daarna na Engeland verhuis, waar hy sedertdien woon. Hy is pa van twee jong kinders en werk tans van die huis af as skrywer van kinderboeke.
ISBN-13: 9780624045977 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM: MAART 2008 | UITGEWER: TAFELBERG UITGEWERS | AFLWERINGSTYD: 1-2 WEKE | PRYS: R93.06 (insl. BTW).
Klik hier om nou te bestel. |
| Borrels (7+) |
Borrels
Skrywer: Jaco Jacobs
Oor die boek:
Ontmoet vir Borrels! Sy is die nuwe meisie in Christo en Nelson se klas. Dit is nie net haar naam wat vreemd is nie ... Borrels dra skulpe in haar hare. Sy bring haar goudvis saam skool toe. En sy het 'n GROOT geheim ...
ISBN-13: 9780799342833 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM: NOV 2008 | UITGEWER: LAPA UITGEWERS | AFLWERINGSTYD: 1-2 WEKE | PRYS: R52.64 (insl. BTW).
Klik hier om nou te bestel. |
| Bertie Blikbrein (7+) |
|
Bertie Blikbrein
Skrywer: Jaco Jacobs
Oor die boek: Nico se pa is 'n uitvinder. Hy het al baie vreemde dinge ontwerp... Haarjel wat van kleur verander. 'n Stoel wat jou kielie as jy aan die slaap raak. Selfs sandale wat jou toonnaels knip! Maar sy nuutste uitvinding is die heel beste. Dis 'n regte, egte robot! Bertie Blikbrein kan praat, somme doen en selfs grappies vertel. Toe Nico en sy beste vrien baklei, besluit Nicom om Bertie saam skool toe te vat....
ISBN-13: 9780799340044 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM: JAN 2008 | UITGEWER: LAPA UITGEWERS | AFLWERINGSTYD: 1-2 WEKE | PRYS: R52.64 (insl. BTW).
Klik hier om nou te bestel. |
| 'n Brulpadda in my tas (7+) |
'n Brulpadda in my tas
Skrywer: Jaco Jacobs
Oor die boek:
"Almal gil en skree, daar's chaos in die klas; al dié bohaai net oor die brulpadda in my tas..." Welkom in die wêreld van Jaco Jacobs! 'n Plek waar walvisse maklik in jou sop beland. Waar jy kan uitvind hoe om jou eie monster te maak. En waar varsgebakte brood soms gevaarlik kan wees.
ISBN-13: 9780799342604 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM: OKT 2008 | UITGEWER: LAPA UITGEWERS | AFLWERINGSTYD: 1-2 WEKE | PRYS: R74.26 (insl. BTW).
Klik hier om nou te bestel. |
| Cowboy Koekemoer van die Klein-Karoo (7+) |
Cowboy Koekemoer van die Klein-Karoo
Skrywer: Henry Ferreira
Oor die boek:
'n Verbeeldingryke storie oor die avonture van 'n eg Suid-Afrikaanse cowboy wat die skelms laat les opsê. Wanneer gevaar hom in die gesig staar, is Koekemoer die kalmste cowboy in die hele Klein-Karoo!
ISBN-13: 9780799342543 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM: OKT 2008 | UITGEWER: LAPA UITGEWERS | AFLWERINGSTYD: 1-2 WEKE | PRYS: R52.64 (insl. BTW).
Kliek hier om nou te bestel. |
| Die Muisboot |
Die Muisboot
Skrywer: Paddy Bouma
Oor die boek: Een oggend in die lente daag daar 'n brief op by die huis van die Muis gesin. Pappa Muis lees dit hardop vir almal. Oupa Gromski skryf dat hy 'n Muisboot op die Lotrivier gekoop het en hy wil hê hulle moet die somer saam met hom kom vaar! Alles gaan voor die wind: die tweeling help Oupa om die boot deur die slotte te stuur en hulle kry selfs kans om hulle nuutgevonde kennis van bote te gebruik om 'n ander boot te red - met die hulp van 'n slim apie en sy kennis van seine!
Ook in Engels beskikbaar onder die titel "The Mouseboat".
ISBN-13: 9780624046523 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM: APRIL 2008 | UITGEWER: TAFELBERG UITGEWERS | AFLWERINGSTYD: 1-2 WEKE | PRYS: R93.06 (insl. BTW)
Klik hier om nou te bestel. |
| Slym en die gogga-sirkus (9+) |
Slym en die gogga-sirkus
Skrywer: Fanie Viljoen
ATKV-Kinderboektoekenning 2009
Oor die boek:
Die gogga-sirkus is hier! Slym en die paddas in juffrou Plat Anna se klas is baie opgewonde. Maar iewers sluip 'n skelm met bose planne rond.
ISBN-13:9780799338928 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM: JULIE 2007 | UITGEWER: LAPA UITGEWERS | AFLWERINGSTYD: 1-2 WEKE | PRYS: R65.80 (insl. BTW). Kliek hier om nou te bestel. |
| Die Prinses van die Afrikavlaktes (7-9) |
Die Prinses van die Afrikavlaktes
Skrywers: Alana Bailey, Emily Bornoff
Toekennings:ATKV-Kinderboektoekenning 2007 Tienie Hollowaymedalje vir kinderliteratuur 2009 Katrine Harriesprys vir kinderboek illustrasies 2008 Oor die boek:
Lank, lank gelede was daar 'n prinses wat net so mooi was soos die wye grasvlaktes van haar land. Op 'n dag ontmoet sy 'n sterk, dapper prins. Hy het hom verwonder aan haar skoonheid en die prinses het haar verluister aan die prins se stories oor sy reise en avonture. Hulle het mekaar baie lief gekry. 'n Betowerende Afrikasprokie oor die ware betekens van geluk. ISBN-13: 9780799336962 | FORMAAT: HARDEBAND | PUBLIKASIEDATUM: OKT 2006 | UITGEWER: LAPA UITGEWERS | AFLWERINGSTYD: 1-2 WEKE | PRYS: R75.20 (insl. BTW).
Klik hier om nou te bestel. |
| "Kry 'n Vlieekoekie" en ander krakerige stories (10-12) |
"Kry 'n Vlieëkoekie" En Ander Krakerige Stories
Skrywer: Helen Brain
Oor die boek: Vra jouself af ... Kan 'n speelgoed-dinosourus jou pa se meisie opvreet? Watter gemene gedroggies skuil in jou penneblik? Sal jy kan wegkom van die waansinnige wolwe in jul TV-stel? Waarvan word boerewors nou eintlik gemaak? 'n Versameling grillerige, humoristiese stories wat, hoewel dit bedoel is vir 10 tot 12 jariges, deur enige ouderdom leser geniet sal word. Maar, wees gewaarsku, dit is nie bedoel vir piepjaste of ouens wat maklik naar word nie!
ISBN-13: 9780798139885 | FORMAAT: SAGTEBAND | PUBLIKASIEDATUM: JAN 2004 | UITGEWER: HUMAN & ROUSSEAU | AFLWERINGSTYD: 1-2 WEKE | PRYS: R51.65 (insl. BTW).
Klik hier om nou te bestel. | |
|
We hope that you had fun going through our new titles and that you found something of interest!
Should you decide that you would like to receive new book alerts in other subject areas over and above this one, or should you wish to modify your subscription settings, remember that you can access and update your own mailing subscription choices at any time. Go to Update Mailings or click on Update Profile/Email Address at the bottom of all our email newsletters. |
|
Please note that the price and availability of books advertised in this mailer were correct at the time that this newsletter was sent out, but that this information is subject to change based on publisher's availability and fluctuations in the rate of exhange.
Should you require more information, please check the latest information on our web site at www.redpepperbooks.co.za, or contact a Red Pepper Customer Care representative as per our contact details below. |
|
Phillipa Mitchell
Founder and CEO
Red Pepper Books |
|