If it's out there, we'll find it! (2)
Vandag se Red Pepper Boek Nuus!
Nuwe- en Gunsteling Vrystellings in Afrikaans...
 
Vinnige Skakels/ Quick Links
Kopskuiwe
Baba- En Kleuter-fotoplakwerk
BabaGim
Blommefeetjies in Lintborduur En Stumpwerk
Blou Bulle: 70 Jaar Van Glorie
God Se Apteek: Jy is Wat Jy Eet, En Jy is Wat Jy Nie Eet Nie
Huise Wat Jou Sak Pas
Juwele in 'n Japtrap
Karoo Kookboek
Krale Projekte
Laat Lente
Omvattende Vrouegesondheidsgids
Op 'n Eiland
Piouter Dit!
Reuben Kook: Terug Na Toentertyd
Skryf Afrikaans: Van A Tot Z
Slim Kuns
Spore in die Arep
Verbode Drif
Die Ander Vennoot
Welkom by hierdie maand se nuwe vrystellings in Afrikaans!

And for the English speaking people reading this e-mail, welcome to this month's new Afrikaans book releases! If you are wondering why you are subscribed to an Afrikaans book mailing list, the answer is simple: Red Pepper Books has not done much justice to the Afrikaans-speaking community, especially since our debut appearance on Kyknet last week, and we have decided to start a monthly mailing list of new Afrikaans books, Lekker, nê?

Please note that although you have received this e-mail, you have NOT been automatically subscribed to our Afrikaans mailing list.
If you would like to subscribe to our Afrikaans mailing list, please select the "Update Mailings" link at the bottom of this newsletter, and place a tick in the box alongside "Afrikaans books".

En nou, kom ons gaan terug Afrikaans toe...

In dié fiksie-genre het ons 'n opwindende reeks nuwe boeke - van tiener-avonture tot novelle oor Suid Afrika se ekonomiese en politiese veranderinge. Wat kookkuns betref, het ons "Die Karoo Kookboek", gevul met tradisionele resepte van hierdie unieke streek. Ons het ook 'n kookboek vol moderne koskombinasies, "Reuben Kook!". Hierdie maand bied ons 'n wye verskeidenheid kunsvlyt-literatuur, sport-publikasies en ook heelwat geestelike boeke. Dus, sonder om te skroom, begin soek na iets om jou snoesig dié winter voor die kaggel mee besig te hou!
Kopskuiwe
Kopskuiwe Kopskuiwe
Outeur: Melodie de Jager

Wat die publiseerder sê:
Kopskuiwe is 'n eenvoudige selfhelp-gids vir ouers en onderwysers om leerblokkasies soos aandagafleibaarheid en hiperaktiwiteit te oorkom, en probleme met sensories-motoriese integrasie, ouditiewe prosessering, uitspraak en taalontwikkeling, konsentrasie, lees, spelling en primitiewe reflekse, reg te stel. Dit bied prettige bewegings (Mind Moves®) wat tuis en in die klas gedoen kan word.

"Wanneer 'n kind leerprobleme ondervind, voel die ouers magteloos en soek hoog en laag redes. Hulle ervaar ook dikwels skuldgevoelens hieroor. Hierdie nuwe boek kyk objektief na die redes vir ontwikkelings- en leerprobleme by kinders, en bied praktiese, konstruktiewe oplossings wat elke ouer kan aangryp. [Melodie] help ons om sin te maak van kinders se neurologiese ontwikkeling en bied die inligting op haar tipies toeganklike manier aan. Hierdie boek sal elke ouer en leerkrag met nuwe oë na leerprobleme en hul oplossings laat kyk." Mickey von Maltitz - Leerkrag

"Hierdie boek is onontbeerlike leesstof vir gekwalifiseerde onderwysers en terapeute, en veral vir onderwysers en terapeute wat nog opleiding ondergaan, omdat dit belangrike kwessies aanraak wat beredeneer en bespreek moet word." Alan Davies - Opvoedkundige sielkundige
 
ISBN 13/10: 9781920268121 | FORMAT: PAPERBACK | DATE: JAN 2009 | PUBLISHER: METZ PRESS SA | DELIVERY TIME: 1 - 2 WEEKS | RED PEPPER PRICE: R120.85 (incl.) *Save R27.15
 
Kliek hier om nou te bestel
Baba- En Kleuter-fotoplakwerk
Baba en kleuter Baba- En Kleuter-fotoplakwerk
Outeur: Tracy Boomer

Wat die publiseerder sê:
Fotoplakwerk is ongetwyfeld een van die gewildste stokperdjies, van die afgelope paar jaar en daar is geen teken dat die belangstelling aan die afneem is nie. Kort op die hakke van die sukses van hulle vorige boek FOTOPLAKWERK SONDER OORDAAD, het Deborah Morbin en Tracy Boomer weer eens met hulle kenmerkende humor, aansteeklike entoesiasme en handwerktalente 'n boek geskryf wat ongetwyfeld aanklank sal vind by enigiemand wat al die spesiale oomblikke met hul kleingoed wil opteken. Die boek bevat meer as 120 pragtig gefotografeerde voorbeeldbladsye met interessante voorstelle vir alternatiewe. Inligting oor die samestelling van elke bladsy word met wenke aangevul. Die onweerstaanbare ontwerp van die boek met sy lekkerlees-inhoud sal enige plakwerk-entoesias inspireer om die foto's uit te grawe en dadelik te begin werk. Die skrywers se découpage-agtergrond kom handig te pas; hulle sluit ook nuttige wenke in oor verfwerk, snywerk en 'fotocoupage' - 'n tegniek wat hulle ontwikkel het deur découpage vir fotoplakwerk aan te pas. Aangesien hulle 'n verskeidenheid style ingesluit het, is daar iets vir elkeen, van beginners tot ervare fotoplakkers.
 
ISBN 13/10: 9781919992747 | FORMAT: PAPERBACK | DATE: DEC 2007 | PUBLISHER: METZ PRESS SA | DELIVERY TIME: 1 - 2 WEEKS | RED PEPPER PRICE: R139.50 (incl.) *Save R10.50
 
Kliek hier om nou te bestel
BabaGim
Babagim BabaGim
Outeur: Melodie de Jager

Wat die publiseerder sê:
Laat elke oomblik met baba werklik tel.

BabaGim is 'n prettige, praktiese gids vir ouers en versorgers om daardie kosbare vroeë leergeleenthede te ontgin deur brein- en liggaamsoefeninge. Die eerste twee lewensjare bied ruim geleent­heid vir spel en beweging om die optimale ontwikkeling van baba se sintuie en spiere, gevoelens en denke, en taal- en sosiale vermoëns te verseker.

Die Suid-Afrikaanse ontwikkelingskenner Melodie de Jager volg dieselfde eenvoudige dog effektiewe beginsels onderliggend aan haar sukses­volle boeke vir volwassenes, Kopskuiwe en Dink Dinamies, vir die stimulering van babas se brein en liggaam. BabaGim is 'n belegging in jou kind se toekoms.
 
ISBN 13/10: 9781920268152 | FORMAT: PAPERBACK | DATE: JAN 2009 | PUBLISHER: METZ PRESS SA | DELIVERY TIME: 1 - 2 WEEKS | RED PEPPER PRICE: R137.64 (incl.) *Save R10.36
 
Kliek hier om nou te bestel
Blommefeetjies in Lintborduur En Stumpwerk
Blomfeetjies Blommefeetjies in Lintborduur En Stumpwerk
Outeur: Di van Niekerk
 
Wat die publiseerder sê:
Vyf van Cicely Mary Barker se verruklike blommefeetjies is vir die eerste keer omskep in lintborduur en stumpwerkontwerpe vir almal wat kreatiewe driedimensionele borduurwerk geniet. Hierdie boek bevat hope nuwe tegnieke en idees en nabyskote van tegnieke en stap-vir-stap aanwysings wys jou hoe om:

Pragtige blomme en blare met sy- en organzalint te borduur
Delikate stumpwerkvlerkies in organzastof en sygaring te skep
Organza- en sylintappliek vir blare en blomblare te gebruik
Bekoorlike stumpwerk-insekte te skep
Die feetjies in lae organza te tooi en die pragtigste hare te borduur
Verruklike feetjieklere in kort-en-langsteek te borduur

ISBN 13/10: 9781920268039 | FORMAT: PAPERBACK | DATE: JAN 2009 | PUBLISHER: METZ PRESS SA | DELIVERY TIME: 1 - 2 WEEKS | RED PEPPER PRICE: R179.49 (incl.) *Save R13.51
 
Kliek hier om nou te bestel
Blou Bulle: 70 Jaar Van Glorie
Blou Bulle Blou Bulle: 70 Jaar Van Glorie
Outeur: Gerhard Burger
 
Wat die publiseerder sê:
Dit is met trots en nederigheid dat die Blou Bulle Rugby - Unie sy 70ste herdenking vier - trots oor die prestasies van die spelers van die voormalige Noord-Transvaal en die Blou Bulle.



ISBN 13/10: 9780143025863 | FORMAT: HARDBACK | DATE: NOV 2008 | PUBLISHER: PENGUIN BOOKS (SA) (Pty) Ltd | DELIVERY TIME: 1 - 2 WEEKS | RED PEPPER PRICE: R211.11 (incl.) *Save R15.89
 
Kliek hier om nou te bestel
God Se Apteek: Jy is Wat Jy Eet, En Jy is Wat Jy Nie Eet Nie
God Se Apteek God Se Apteek: Jy is Wat Jy Eet, En Jy is Wat Jy Nie Eet Nie
Outeur: Herman Uys
 
Wat die publiseerder sê:
In God se apteek, die oop veld, landerye, riviere en waters van ons planeet, het God alles geskape wat ons nodig het, as ons dit net reg gebruik, om gesond ons oudag te kan belewe. Ons weet net nie van alles nie. Die meeste mense vermoor hulself met 'n vurk en grawe hulle eie graf met hulle tande.
 
ISBN 13/10: 9780620316248 | FORMAT: PAPERBACK | DATE: OCT 2008 | PUBLISHER: BAMBI BOEKE (SA) (Pty) Ltd | DELIVERY TIME: 1 - 2 WEEKS | RED PEPPER PRICE: R169.26 (incl.) *Save R12.74

Kliek hier om nou te bestel
Huise Wat Jou Sak Pas
Huise wat jou sakpas Huise Wat Jou Sak Pas
Author: Frieda le Roux

What the publisher says:
Building, renovating, extending converting, restoring, or simply buying a stand . . . what you have in your hand is the one essential tool you need to do any of these successfully - and within your budget.
More house for less money will help you through every aspect of the process:

Working out your needs, preferences, lifestyle and plans for the future
Buying a stand (and how to avoid all the numerous pitfalls)
Finding your way through complicated building regulations and approval procedures
Understanding property transactions
How to manage your budget and financial affairs with an iron hand
How to work with an architect, architectural technologist or designer in planning your dream house
How to appoint the right building contractor and project manager - or tackle a building project yourself
How to choose the best building materials and finishes for floors, walls, doors, windows, roofs, ceilings - and the right lighting
 
About the author:
From childhood Frieda le Roux played in the sand and built Lego castles, but later discovered a preference for the history and theory of architecture. She studied architecture at the University of the Free State and holds a Masters degree in Journalism from the University of Stellenbosch.
 
ISBN 13/10: 9780624046561 | FORMAT: PAPERBACK | DATE: JULY 2008 | PUBLISHER: TAFELBERG PUBLISHERS LTD | DELIVERY TIME: 1 - 2 WEEKS | RED PEPPER PRICE: R162.75 (incl.) *Save R36.25
 
Click here to order now
Juwele in 'n Japtrap
Juwele in Jap Trap Juwele in 'n Japtrap
Outeur: Fransie Snyman

Wat die publiseerder sê:
'Kralewerk is nog net so verslawend soos altyd, en hierdie boek sal grootliks daartoe bydra dat dit so bly! Dis spesifiek geskryf vir die haastige, ongeduldige kralewerker en heelwat van die meer as 55 oorspronklike kralejuwele kan binne 'n uur of twee voltooi word. Daar is ook verskeie variasies, met die volgende hoofafdelings:

Swewende krale, meestal pêrels en kristal
"Funky" viltjuwele - vinnig en maklik * Veelstringhalssnoere in vele kombinasies
Armbande vir elke smaak
Oorbelle vir elke geleentheid
Juwele met koord en knope
en veel meer

Duidelike stap-vir-stap foto's en aanwysings word vergesel van lyntekeninge waar nodig, en daar is 'n pragfoto van elke voltooide item.
 
ISBN 13/10: 9781919992884 | FORMAT: PAPERBACK | DATE: APR 2008 | PUBLISHER: METZ PRESS SA | DELIVERY TIME: 1 - 2 WEEKS | RED PEPPER PRICE: R139.45 (incl.) *Save R30.55
 
Kliek hier om nou te bestel
Karoo Kookboek
Karoo Kookboek Karoo Kookboek
Outeur: Rose Willis
 
Wat die publiseerder sê:
Die Karoo kookboek is 'n ware refleksie van die kos van hierdie unieke area, propvol heerlike resepte wat van geslag tot geslag oorgedra is.
 
ISBN 13/10: 9781770076112 | FORMAT: PAPERBACK | DATE: OCT 2008 | PUBLISHER: STRUIK PUBLISHERS (Pty) Ltd | DELIVERY TIME: 1 - 2 WEEKS | RED PEPPER PRICE: R182.00 (incl.) *Save R12.74
 
Kliek hier om nou te bestel
Krale Projekte
kraleprojekte Krale-Projekte
Outeur: Kathleen Barry

Wat die publiseerder sê:
Die gewildheid van kralewerk neem steeds toe, en daarmee saam die hoeveelheid inligting beskikbaar, wat tegelyk intimiderend en verwarrend kan wees. Hierdie boek bespreek kortliks die belangrikste basiese agtergrond, gereedskap en produkte, gee jou 'n vinnige oorsig van die vernaamste tegnieke en val dan weg met eenvoudige ontwerpe en weldra meer gesofistikeerde items. Die projekte wissel van maklik tot taamlik ingewikkeld, elk volledig uiteengesit met stap-vir-stap aanwysings en illustrasies, met 'n lieflike volbladfoto van elke voltooide stuk om jou te inspireer. Die skrywer deel ruimskoots haar aansienlike ervaring in ontwerp en vervaardiging in die vorm van wenke, raad oor kortpaaie en ontwerpvoorstelle, wat sal verseker dat jy met elke projek sukses smaak. Die fokus is op draad-, koord- en kettingwerk wat beteken dat jy vinnig resultate sien - binne ure, liewer as dae. Die krale wat gebruik word wissel van bonkige, helderkleurige glas- en akrielkrale tot gesofistikeerde pêrel- en kristalkombinasies. Die skrywer het 'n voorliefde vir sierstene en verskeie pragitems met treffende siersteenkombinasies is ingesluit. Of jy 'n groentjie is of 'n ervare krale-entoesias, kralewerk jou stokperdjie, tydverdryf of nering is, Kathleen Barry se KRALE-PROJEKTE sal jou ongetwyfeld inspireer en bekoor.
 
ISBN 13/10: 9781919992693 | FORMAT: PAPERBACK | DATE: OCT 2007 | PUBLISHER: METZ PRESS SA | DELIVERY TIME: 1 - 2 WEEKS | RED PEPPER PRICE: R169.26 (incl.) *Save R12.74
 
Kliek hier om nou te bestel
Laat Lente
Kopskuiwe Laat Lente
Outeur: Linda Joubert
 
Wat die publiseerder sê:
Lina Op't Hoff arrives on the farm Schoonaangezicht to be governess to Fleurette, the handicapped stepdaughter of the farm owner, Johannes van Brakel. Soon she realises something is wrong. Fleurette and her servant Josephine are bitter and defensive. They make all kinds of insinuations about the death of the beautiful Mrs. Van Brakel six months before. Was Johannes van Brakel involved?
 
ISBN 13/10: 9781770096486 | FORMAT: PAPERBACK | DATE: APR 2009 | PUBLISHER: HUMAN & ROUSSEAU | DELIVERY TIME: 7 DAYS | RED PEPPER PRICE: R145.00 (incl.)
 
Kliek hier om nou te bestel
Omvattende Vrouegesondheidsgids
Omvattende Omvattende Vrouegesondheidsgids
Author: Linda Friedland
 
What the publisher says:
The Ultimate Guide to Women's Health brings you medical knowledge in simple and accessible language. It covers health-related issues affecting every stage of a woman's life, such as:
Changes in your body over time
Your best health options
Hormonal health - contraception, pregnancy, menopause and HRT
Major health threats - heart disease, cancer, depression and diabetes
Common medical conditions - allergies, Alzheimer's, kidney disease, obesity and thyroid disorders
Anti-ageing strategies
Cosmetic surgery
Regular investigations and procedures
Questions you should ask your doctor

About the author:
Dr Linda Friedland has written a comprehensive guide to preventive treatments and informed lifestyle choices. With the help of this book, you can be healthy and delay the ageing process.

ISBN 13/10: 9780624046028 | FORMAT: PAPERBACK | DATE: JULY 2008 | PUBLISHER: TAFELBERG PUBLISHERS LTD | DELIVERY TIME: 1 - 2 WEEKS | RED PEPPER PRICE: R232.50 (incl.) *Save R52.50
 
Click here to order now
Op 'n Eiland
Op 'n Eiland Op 'n Eiland
Author: Karel Schoeman
 
What the publisher says:
Seldom in his oeuvre has Schoeman succeeded in portraying the fragility and incompleteness of human relationships with such clarity. Four South Africans spend some time together on a Greek island. Because they cannot communicate readily with the islanders, the four main characters reach out to each other through their own silence and loneliness.

About the author:
Karel Schoeman's work has thrice been awarded the Hertzog-prize (in 1970 for By Fakkellig, Lug vol helder wolke and Spiraal, in 1986 for 'n Ander Land and in 1995 for Hierdie Lewe). He is without a doubt one of the most important Afrikaans novelists - if not the most important. His historic works are well-known and multi-award winning. Several of his novels have been translated and published overseas. In 1999 president Nelson Mandela awarded him the Order for Excellent Service (silver).

ISBN 13/10: 9780798150477 | FORMAT: PAPERBACK | DATE: APR 2009 | PUBLISHER: HUMAN & ROUSSEAU | DELIVERY TIME: 7 DAYS | RED PEPPER PRICE: R149.00 (incl.) *Save R16.00
 
Click here to order now
Piouter Dit!
Piouter Dit Piouter Dit!
Outeur: Sandy Griffiths

Die groot verskeidenheid projekte in hierdie boek sluit treffende juwele, en groter dekor-items vir bykans elke vertrek in die huis in. Met volledige aanwysings vir enigiets van 'n stylvolle badkamerspieël tot elegante sout-en-pepermeule, opdienborde, piouterkuns vir die woonkamer en 'n bedkassie vir die slaapkamer, is die klem dikwels ook op herwinning en hernuwing.

Die ontwerpe is heeltemal oorspronklik en daar is patrone vir almal in die boek. Maklike aanwysings word vergesel van pragfoto's van elke voltooide artikel met omvattende wenke om seker te maak jou projek is 'n sukses.
 
ISBN 13/10: 9781920268060 | FORMAT: PAPERBACK | DATE: JAN 2009 | PUBLISHER: METZ PRESS SA | DELIVERY TIME: 1 - 2 WEEKS | RED PEPPER PRICE: R174.84 (incl.) *Save R13.16
 
Kliek hier om nou te bestel
Reuben Kook: Terug Na Toentertyd
Reuben Kook Reuben Kook: Terug Na Toentertyd
Outeure: Craig Fraser, Reuben Riffel

Wat die publiseerder sê:
Geure, smake, reuke en teksture het die vermoe om jou terug te voer na jou kinderdae, jou te laat voel soos daardie eerste keer toe jy 'n perske, lemoen of die kombinasie van gekarameliseerde ui en bloukaas in 'n tert geproe het. Reuben Riffel, 'n 34-jarige Suid-Afrikaanse sensasie, het in die nederige Groendal grootgeword en is tans een van die land se beste sjefs. Sy restaurant, Reuben's, le in die hartjie van Suid-Afrikaanse wynland, Franschhoek, 'n pragtige dorp wat vinnig bekendheid verwerf as een van die wereld se voorste kos- en wynbestemmings.

ISBN 13/10: 9780980265170 | FORMAT: HARDBACK | DATE: OCT 2008 | PUBLISHER: QUIVERTREE PUBLICATIONS | DELIVERY TIME: 1 - 2 WEEKS | RED PEPPER PRICE: R320.85 (incl.) *Save R24.15
 
Kliek hier om nou te bestel
Skryf Afrikaans: Van A Tot Z
Skryf Afrikaans Skryf Afrikaans: Van A Tot Z
Outeur: Dalene Muller

Wat die publiseerder sê:
Is dit Polokwane of Pholokwane? Joegoe-Slawie of Joego-Slawie? Mondelings of mondeliks? Sardientjies of sardyne? Was hy die sondaar of die sondebok? Emigreer of immigreer sy? Doen jy iets op of volgens 'n bepaalde metode? Het dit blykbaar, klaarblyklik, oenskynlik of skynbaar gebeur?
 
ISBN 13/10: 9781868900374 | FORMAT: PAPERBACK | DATE: MAR 2003 | PUBLISHER: METZ PRESS SA | DELIVERY TIME: 1 - 2 WEEKS | RED PEPPER PRICE: R227.85 (incl.) *Save R51.15
 
Kliek hier om nou te bestel
Slim Kuns
Slimkuns Slim Kuns
Outeur: Monique Day-Wilde, Angie Franke

Wat die publiseerder sê:
Kombineer weggooigoed en optelgoed met konvensionele kunsmateriaal en omskep dit in uitstalgoed! Leer hoe om met dryfhout, herwinde blikkies en ander metaal- en glashouers, asook alledaagse items soos botteldoppies en gebruikte teesakkies kunswerke te skep wat in die beste galerye vertoon kan word. Vir beeldhoumateriaal is daar klei, draad en papierpap, gekombineer met boumateriaal soos sement, en handwerkelemente soos krale en goudblad, alles uniek en skeppend gekombineer.

Die pragfoto's van elke voltooide projek, aangevul deur duidelik geïllustreerde stap-vir-stap aanwysings en verdere idees sal ongetwyfeld die kunstenaar in elke handwerker wakker maak en na 'n verfkwas laat gryp.
 
ISBN 13/10: 9781919992914 | FORMAT: PAPERBACK | DATE: SEP 2008 | PUBLISHER: METZ PRESS SA | DELIVERY TIME: 1 - 2 WEEKS | RED PEPPER PRICE: R169.26 (incl.) *Save R12.74
 
Kliek hier om nou te bestel
Spore in die Arep
Spore in die Arep Spore in die Arep
Author: Marie Reyneke

What the publisher says:
An adventure story set in Namibia. Six friends are spending their holiday camping on the farm, Arep, in the Klein Karasberge. Their main aim is to help Uschi von Kritzner, a German girl, find the grave of her great-grandfather, who was killed during the German-Nama war in a skirmish where the Arep farm now lies. From the offset strange things happen, and Jurgen, son of the owner of the farm, has his hands full in keeping everybody happy. There is also Lukas, grandson of Frik Visioen, who had worked on the farm for many years, upsetting everybody with his strange behaviour. When the Arep eventually reveals its secret, it is more than they had bargained for.

About the author:
Marie Reyneke lives in George and this is her fourth book for young teenagers. The others are: Skat van die Outeniquas, Die vloek van adamas and Die masker van Yoruba. She also writes stories for magazines.
 
ISBN 13/10: 9780798150675 | FORMAT: PAPERBACK | DATE: MAR 2009 | PUBLISHER: HUMAN & ROUSSEAU | DELIVERY TIME: 7 DAYS | RED PEPPER PRICE: R91.09 (incl.) *Save R6.86
 
Click here to order now
Verbode Drif
Verbode Drif Verbode Drif
Outeur: Irma Joubert

Wat die publiseerder sê:
Sy's 'n Boeremeisie, hy's 'n Jood. Hulle glo die verskille sal oorkom word. En Izak, met sy lag, sy terg, weet Elizabeth maak altyd 'n plan. Tot die dag van die doodsbelofte. Toe wéét Elizabeth dis verby.



ISBN 13/10: 9780799336078 | FORMAT: PAPERBACK | DATE: MAR 2006 | PUBLISHER: LAPA Publishers (Pty) Ltd | DELIVERY TIME: 1 - 2 WEEKS | RED PEPPER PRICE: R125.00 (incl.) *Save R15.00
 
Kliek hier om nou te bestel
Die Ander Vennoot
Ander Vennoot Die Ander Vennoot
Outeur: PJ Haasbroek

Wat die publiseerder sê:
This absorbing novel has as background the economic and social changes in South Africa since the 90's and is about the entrepreneurial efforts of two partners: from their time as farmers in the old South-West to the new South Africa where the old hunting grounds have been replaced by the wars in board rooms and BEE policies.
 
Omtrent die outeur:
Na sy akademiese loopbaan as professor in ekonomie by die Universiteit van Pretoria, het dr Pieter Haasbroek in 1988 aangesluit by die Barlow Rand-maatskappyegroep wat nou bekend staan as Barloworld. Tot aan die einde van 2004 dien hy Barloworld as groepsekonoom, waarna hy aftree en hom in Franschhoek vestig. Dr Haasbroek het ook op die bestuur van die AHI gedien asook op die Ekonomiese Beleidskomitee van Business South Africa. As skrywer het hy naam gemaak as kortverhaalskrywer, en sy eerste bundel, Heupvuur (1974), word bekroon met die SA Akademie se Eugene Marais-prys; daarna volg nog drie kortverhaalbundels, en drie romans.
 
ISBN 13/10: 9780798150415 | FORMAT: PAPERBACK | DATE: APR 2009 | PUBLISHER: HUMAN & ROUSSEAU | DELIVERY TIME: 7 DAYS | RED PEPPER PRICE: R170.00 (incl.) *Save R25.00
 
Kliek hier om nou te bestel
We hope that you had fun going through our new titles and that you found something of interest!
 
Should you decide that you would like to receive new book alerts in other subject areas over and above this one, or should you wish to modify your subscription settings, remember that you can access and update your own mailing subscription choices at any time. Go to Update Mailings or click on Update Profile/Email Address at the bottom of all our email newsletters.
Please note that the price and availability of books advertised in this mailer were correct at the time that this newsletter was sent out, but that this information is subject to change based on publisher's availability and fluctuations in the rate of exhange.
 
Should you require more information, please check the latest information on our web site at www.redpepperbooks.co.za, or contact a Red Pepper Customer Care representative as per our contact details below.
Button Mini 
Should you wish to place an order for any of today's books please visit us online at
www.redpepperbooks.co.za . Alternatively, you can email us at books@redpepperbooks.co.za or fax us on 0861 329 733.
 
Or of course, you can email your favourite Pepper person in our Customer Care Team: june@redpepperbooks.co.zaolivia@redpepperbooks.co.za , or karin@redpepperbooks.co.za.
 
Any other questions? Feel free to call us on 0861-000-733, or +27 (011) 958-2474 during office hours, Monday to Friday.
Button Mini
Phillipa Mitchell
Founder and CEO
Red Pepper Books
Join Our Mailing List!
 


Are you receiving our monthly book alerts? It will take you less than a minute to subscribe! Please click on the link  above to join the Pepperland community!
Quick Links